Ek stel nie belang nie

Wat verhoed jou om jou lewe werklik oor te gee aan die gesag en liefde van Jesus Christus, die enigste God wat vir JOU gesterf het?

Hier is die redes wat sommige mense gee:

“Ek is nie gereed nie.”

Wel, is jy gereed om vanaand te sterf sonder sy vergifnis? Indien nie, is jy gereed om Jesus nou te aanvaar. Nes daar ’n God is wat jou innig lief het, is daar ook ’n duiwel wat jou haat. Hy sal vir jou allerhande redes en verskonings gee om NIE jou lewe en hart oor te gee aan Jesus nie. Dis waarom die Bybel hom die “Vader van alle leuens” noem.

Miskien is jy nie gereed om die sonde in jou lewe prys te gee nie. Dit is niks nuut nie. Ons moet almal een dag op ’n slag vir Jesus leef. Is dit die moeite werd as jou gunstelingsonde jou van God se liefde en uit die hemel hou? En enige sonde wat jy prysgee sal vervang word deur ’n baie groter vreugde en vrede in jou hart. Ek belowe.

Reik uit na God in geloof en los jou verskonings agter jou. Hy sal jou elke dag help.

“God het belangriker goed as my gebede.”

Dink daaraan. Dink jy dat die God wat die heelal bymekaar hou net 20 gebede ’n dag kan beantwoord? Dink jy dat jy in ’n ry moet wag of jou lewe eers bymekaar moet kry voor hy jou sal hoor?

Die Bybel sê dat Hy nie wil hê dat een persoon (JY) die hemel moet mis nie. As jy die enigste sondaar op aarde was, sou Hy nog steeds aarde toe gekom het om te sterf en weer op te staan sodat jy vergewe kon word!

Hy wag geduldig dat jy na Hom toe gaan. Elke oggend as die son opkom, praat Hy met jou en wys sy goedheid aan jou. Moenie nog ’n dag wag nie. Jy weet nie wanneer jou laaste dag op aarde sal wees nie. Jy kan seker wees dat jy hemel toe gaan deur bloot na Hom te roep.

As dit is wat jy wil doen, besoek ons artikel Ek is nuuskierig om meer te leer.

“Ek het te veel gesondig.”

Hoeveel is te veel? Klassifiseer God ons as “slegte sondaars” of “goeie sondaars?”

Volgens die Bybel het ons ALMAL gesondig en daarom kan NIEMAND in die hemel kom nie, anders sou die hemel nie meer perfek wees nie. Of ons sondes klein of groot lyk, ons is almal gediskwalifiseer. Ons is almal sondaars.

Maar God se liefde dek ELKE sonde. Toe Jesus aan die kruis sterf, was twee moordenaars ook saam met Hom gekruisig. Die een het Jesus gespot, maar die ander het by Jesus gepleit om Hom te vergewe. En Jesus het gesê dat Hy sou.

“Ek is 'n relatief goeie mens ... beslis nie so sleg soos baie ander mense nie.”

Sal jou goeie dade jou in die hemel bring? Glo jy regtig dat jy genoeg goeie dade gedoen het? Daar is twee aspekte van hierdie benadering wat problematies is.

Die een is die vraag: Hoeveel goeie dade moet ek doen om toegang tot die hemel te verkry? Wat as ek een goeie daad kort?

Die ander probleem is: “As ek deur my goeie dade in die hemel kan kom, waarom moes Jesus aarde toe kom en sterf?”

Die Bybel leer vir ons dat ons nie die hemel kan VERDIEN nie…dis is ’n geskenk! Maar ek moet uitreik en dit deur geloof ontvang.

Goeie dade is baie belangrik, maar nie een van die dade kan jou sondes uitvee nie. Slegs Jesus en Sy werk op die kruis kan ons vergewe.

So, genoeg verskonings? Dit is tyd om na God te roep en Hom te vra om beheer oor jou lewe te neem. Vra Hom om jou te vergewe en jou Heer, Verlosser en baas van jou lewe te wees. Dit SAL die beste keuse wees wat jy nog ooit gemaak het.

Lees ons artikel Ek is nuuskierig om meer te leer, en jy sal ’n gebed kan opsê wat jou hart vir altyd sal verander!




Bronne

Features
Features
Features