Ek het onlangs my lewe aan Hom gegee

GELUK!

Ek is so bly dat jy gebid het om Jesus te vra om die koning van jou hart te wees. Dit is ’n nuwe en opwindende begin vir jou. Ek weet dat dit baie moed en ’n bietjie geloof gekos het, maar God het jou gebed verhoor.

En aangesien jy Jesus genooi het om jou Heer te wees, sal Hy jou nou leiding, vertroosting en vrede gee. Sy voornemens sal nou in jou lewe begin uitleef terwyl jy elke dag saam met Hom werk. Die lug gaan blouer lyk en die gras groener. En as jy probleme ondervind, kan jy in gebed na Hom hardloop.


KOM ONS KYK NA HOE DIE BYBEL SÊ ONS KAN WEET ONS GAAN HEMEL TOE

Dit is die volgende drie dinge:

Erken dat ek verkeerd gedoen het. Ek is ’n sondaar. En God kan nie ’n enkele sonde in die hemel toelaat nie, want dan sal dit nie meer die hemel wees nie.

Glo in my hart dat Jesus letterlik gekom het om te sterf vir my sondes, en weer opgestaan het, wat bewys het dat hy die Ware Jakob is."

Bely my sondes en vra vir Sy vergifnis. Wees bereid om weg te beweeg van sonde met God se hulp. Bely Jesus as my Here en Verlosser…my baas.

Soos jy reeds weet, kan jy nie jou lewe regruk voor jy nie na God gekom het nie. Jy moes kom soos jy is. Hy is nie beïndruk met hoe skoon jy is of jou goeie dade nie, want Hy is sonder sonde. Hy nooi ons om vergewe te word en vry te wees!

En so dink ek het die gebed geklink wat jy gebid het:

“Liewe Jesus,

Ek erken dat ek verkeerd gedoen het, en dat ek ’n sondaar is. Ek is jammer vir my sondes. Ek glo dat U in my plek gesterf het en weer opgestaan het. Ek bely dus my sondes aan U. Vergewe my asseblief en gee my ’n nuwe begin. Ek vra U om die baas en Here van my hart te wees. Help my nou om vir U te lewe. Ek dank U vir U liefde en vergifnis. Ek bid dit in Jesus se naam ... amen!”

En as jy die gebed uit jou hart uit bedoel het, dan het God jou dadelik gehoor. Hy het jou vergewe vir elke vrot en sondige ding wat jy ooit gepleeg het. Of jou sonde klein of groot was, dit is vergewe. En nou het jy ’n splinternuwe begin ... ’n skoon lei!

HIER IS HOE JY DIE LIEFDE VIR GOD VARS EN STERK KAN HOU:

Lees jou Bybel elke dag. Ek raai jou aan om te begin lees in die boek van Saint John. Dit sal jou als vertel van Jesus en sy liefde vir jou. Om te bid is bloot om met God te gesels. Bedank hom vir die dinge in jou lewe en vra wysheid by Hom, vir die moeilike dinge in jou lewe.

Vind ’n kerk om by te woon wat glo dat die Bybel waar is en preek om Jesus persoonlik te ken soos jy nou doen. As jy hulp nodig het om een te vind, stuur ’n e-pos aan my en ek sal jou help. Word in water gedoop. Dit sal help om als in jou hart te bevestig en jou toewyding sal sterker wees. Jou kerk kan jou hiermee help. Word gevul met die Heilige Gees. Vra God om jou elke dag met Sy Gees te vul en sy gawes in jou vry te laat. Die eerste vyf hoofstukke van die boek Handelinge sal jou help. Word gevul met die Heilige Gees. Vertel so veel as moontlik vir ander mense van jou gebed vanda gen hoe Jesus jou vergewe het.

Nou nog een ding. Sal jy my vandag e-pos by frostygrapes@oasiswm.org en my vertel van jou besluit om Jesus die koning van jou hart te maak? Hoe ervaar jy dit? Het jy enige vrae waarmee ek kan help? Hoe kan ek vir jou bid? Miskien is dit die eerste keer wat jy dit ooit doen, of miskien het jy geestelik afgedwaal en nou weer huis toe gekom. Ek wil in elk geval graag van jou hoor.

Stuur asseblief vir my ’n e-pos by frostygrapes@oasiswm.org, en voor jy wegkliek, hier is ander webtuistes wat jou sal help groei in jou nuwe en opwindende geloof:

www.needhim.org, www.oneminutewitness.org, en www.oasisworldministries.org.




Bronne

Features
Features
Features