Ek is nuuskierig om meer te leer

EK EN JY IS DIESELFDE

Ek en jy, en elke ander mens op die aarde het drie basiese benodighede: om lief gehê te word, die behoefte om nodig te wees en die behoefte om aanvaar te word.

Wat as ek jou vertel het dat al drie dié behoeftes bevredig kan word?

Wat as ek jou vertel het dat ek nie ’n enkele ding verkoop nie?

Wat as ek vir jou vertel dat hierdie drie behoeftes nie verdien kan word nie, omdat dit bloot ’n geskenk is?

Jy sien, daar was ’n tyd in my lewe wat ek nie die vrede, hoop en doel gehad het wat ek nou het nie. Ek het na die wêreld gekyk en gehoop daar is meer aan die lewe as net dit.

Maar iemand het die tyd gevat om my te vertel dat daar ’n God is wat my lief het en wat ’n doel en hoop vir my lewe het. Dit is nie ’n God wat ver is nie, maar ’n God wat my in Hom vir altyd wou laat leef in die hemel wanneer ek eendag sou sterf.

Maar ek het ’n probleem gehad. Die hemel is perfek en ek is nie! So ek kon nie by die hemel in kom nie. Maar dié God het ’n weg vir my geskep, deur Sy seun, Jesus Christus, wat aarde toe gekom het om vir my sondes te sterf. En na drie dae het hy weer opgestaan en bewys hy is die Ware Jakob.

Daarom het ek Jesus genooi om in die bestuurdersitplek van my lewe te sit. Ek het Hom gevra om my te vergewe vir al die snert wat ek aangevang het en gevra vir die krag om vir Hom te leef en nie vir myself nie.

En weet jy wat gebeur het? Ek het nuwe hoop, vrede en ’n doel ontvang. Dit was bonatuurlik. En dit het nog nie opgehou nie!

SO, WAT VAN JOU?

Is jy gereed vir ’n nuwe begin in die lewe? Die Bybel sê dat wanneer ons Jesus bely as die baas/Heer van ons lewe, word ons ’n nuwe skepsel…die ou dinge val weg en alles word nuut!

Hier is ’n sleutelvraag?

“Wat verhoed jou om jou hele lewe vandag aan Jesus oor te gee?”

Vrees? Onsekerheid? Groepsdruk? Of vermy jy dit bloot om aan ewige sake te dink? Miskien dink jy dat God te veel ander belangrike sake het om aan te dink.

Hier is die goeie nuus. God het jou lief! En as ons ons sondes bely aan Jesus, sal Hy alles vergewe…punt…maak nie saak hoe groot of klein die sonde. Waarom sal jy dobbel en wag?

Luister na hoe om in die hemel te kom:

Erken dat ek verkeerd gedoen het. Ek is ’n sondaar. En God kan nie ’n enkele sonde in die hemel toelaat nie, want dan sal dit nie meer die hemel wees nie.

Glo in my hart dat Jesus letterlik gekom het om te sterf vir my sondes, en weer opgestaan het, wat bewys het dat hy die Ware Jakob is.

Bely my sondes en vra vir Sy vergifnis. Wees bereid om weg te beweeg van sonde met God se hulp. Bely Jesus as my Here en Verlosser…my baas.

Jy kan nie jou lewe regruk voor jy nie na God gekom het nie. Jy moet kom soos jy is. Hy is nie beïndruk met hoe skoon jy is of jou goeie dade nie, want Hy is sonder sonde. Hy nooi ons om vergewe te word en vry te wees!

So, wat dink jy? Wat verhoed jou om vandag vir Jesus te vra om die koning van jou lewe te wees? Niks?

Sal jy dan nou dié gebed uit die diepte van jou hart opsê?

Sê die gebed hardop as jy dit uit die diepte van jou hart bedoel:

“Liewe Jesus,
Ek erken dat ek verkeerd gedoen het en dat ek ’n sondaar is. Ek is jammer vir my sondes. Ek glo dat U in my plek gesterf het en weer opgestaan het. Ek bely dus my sondes aan U. Vergewe my asseblief en gee my ’n nuwe begin. Ek vra U om die baas en Here van my hart te wees. Help my nou om vir U te lewe. Ek dank U vir U liefde en vergifnis. Ek bid dit in Jesus se naam ... amen!”

GELUK!

As jy die gebed uit jou hart uit bedoel het, dan het God jou dadelik gehoor. Hy het jou vergewe vir elke vrot en sondige ding wat jy ooit gepleeg het. Of jou sonde klein of groot was, dit is vergewe. En nou het jy ’n splinternuwe begin ... ’n skoon lei!

Hier is hoe jy dié liefde vir God vars en sterk kan hou:

Lees jou Bybel en bid elke dag. Ek raai jou aan om te begin lees in die boek van Saint John. Dit sal jou als vertel van Jesus en sy liefde vir jou. Om te bid is bloot om met God te gesels. Bedank hom vir die dinge in jou lewe en vra wysheid by Hom, vir die moeilike dinge in jou lewe.

Vind ’n kerk om by te woon wat glo dat die Bybel waar is en preek om Jesus persoonlik te ken soos jy nou doen. As jy hulp nodig het om een te vind, stuur vir my ’n e-pos en ek sal jou help.

Word in water gedoop. Dit sal help om als in jou hart te bevestig en jou toewyding sal sterker wees. Jou kerk kan jou hiermee help

Word gevul met die Heilige Gees. Vra God om jou elke dag met Sy Gees te vul en sy gawes in jou vry te laat. Die eerste vyf hoofstukke van die boek Handelinge sal jou help.

Vertel, so veel as wat jy kan, vir iemand oor jou gebed vandag en hoe Jesus jou vergewe het.

Nou nog een ding. Sal jy my vandag e-pos by frostygrapes@oasiswm.org en my vertel van jou besluit om Jesus die koning van jou hart te maak? Miskien is dit die eerste keer wat jy dit ooit doen, of miskien het jy geestelik afgedwaal en nou weer huis toe gekom. Ek wil in elk geval graag van jou hoor.

Hier is ’n paar webtuistes wat jou sal help om in jou nuwe en opwindende geloof te groei:

www.needhim.org, www.oneminutewitness.org, en www.oasisworldministries.org.




Bronne

Features
Features
Features